Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
29 December 202331 December 2023

Marlise Joubert. gasa

gasa

 

snags droom ek

van gasa se huilende kinders

met rou krete deur die stof

 

hulle donker oë is groot en verskrik

met arms en bene bloeiend

die voete kaal verwond tussen

gruis en brokkelmuur

 

dáár waar eens ʼn woning was

 

is nou ʼn gapende ruïne

met elke greintjie koestering

brutaal versplinter

 

verwoed lem stootskrapers die sand

oor lywe versluier soos papies

in wit of swart plastiek – vir altyd

       vlinderloos

 

soos verbrande brode verdwyn

die kinders in gasa en hoe kan enige

woorde troos van hiér na daar?

 

snags droom ek beangs van missiele

my taal tingerig en kleiner

in bomskok –

 

stom oor soveel

leegtes tussen straatfragmente

waar eens ʼn kind

     laggend kon speel

 

 

© marlise joubert,  2023

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Marlise Joubert. dit gaan ons nie meer aan nie
Marlise Joubert. wanneer ‘n ambulans (M) →

3e gedagtes oor “Marlise Joubert. gasa”

  1. Bester Meyer says:
    5 January 2024 at 18:30

    gaza

    at night I dream
    of gasa’s crying children
    with raw screams through the dust

    their eyes dark and frightened
    with arms and legs bleeding
    the feet bare and wounded
    between gravel and crumbling wall

    there where once stood a house

    now only a gaping ruin
    with each grain of nurturing
    brutally shattered

    enraged bulldozers knifing the sand
    over bodies veiled like cocoons
    in white or black plastic bags
    never again to butterfly

    the children in gaza disappeared
    like burned bread and how can
    any words bring consolation
    here and there?

    at night I dream of anxious missiles
    my tongue tiny and fragile
    in shellshock

    speechless due to so many
    spaces between fragmented streets
    where once a child
    could have played
    laughing

    Reply
  2. Mellet Moll says:
    30 December 2023 at 14:38

    Ontroerend, Marlise!

    Reply
  3. Bester Meyer says:
    30 December 2023 at 10:00

    Uitstekend! Die tragiese waarheid.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d