Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
2 February 20245 February 2024

Joan Hambidge. Allergie (M)

Ons eerste “mediese” gedig vir die jaar!*

 

Allergie

 

As jong kind ‘n allergiese reaksie verraai

met bysteek en ‘n keel wat subiet toeswel:

erge asemnood met die vader wat my mond oop-sper

saam met my se mema wat jaag in eersterat na die hospitaal in Aliwal-Noord;

‘n anti-allergiese inspuiting red my lewetjie op ses.

 

Hierna moes ek weekliks op veertien in Pretoria behandeling

ontvang in ‘n kliniek (klein botteltjies, watte, ‘n naald se prik);

glo weerbaar gemaak teen ‘n anafilaktiese reaksie van die stilus,

twee weerhakies met bensokaïen om alles teen die gif te verlig:

‘n buik, spysverteringstelsel, senuwees ónseremonieel uitgedruk.

 

Tot sover die verweer teen vliesvlerkiges.

 

Hierna sou ek ander angels alleen moes verwyder soos verlatings

(die regte woord vir abandonment?): die donker gif van verraad,

die dood van my vader, my moeder, vriende, geliefdes én ‘n kameraad.

Strykdeur die onverwagsheid van hierdie snelskrif, ‘n keel oopgeruk,

nee oopgekap, waaruit woorde woorde woorde bly peul in ‘n soort pudridero.

 

© Joan Hambidge, 2024

 

* Gedigte wat vir die “mediese” kompetisie ingeskryf is, merk ons met ‘n (M) by die titel.

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Nomenklatuur
Joan Hambidge. Bidmat →

1e kommentaar op “Joan Hambidge. Allergie (M)”

  1. Nicolaas says:
    3 February 2024 at 17:51

    Hard en kras en treffend. So ontwikkel ons ‘n allergie vir die dood.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d