Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
9 February 2024

Meyer van Rensburg. Algoritmes om te genees (M)

 

Algoritmes om te genees

 

Gedagtes van hoeka-tye

swalp teen my herinneringe aan:

soos verlede jaar se somer-swaeltjies

tjilp hulle op stellasies

van my denkstelsels

en striduleer soms lang helder episodes

en stories; ander kom in sillabe-fenomene

wat ek stuk-stuk

soos ’n inlegspel

aanmekaar wil mik-en-druk

om sin te maak

uit wat jare t’rug alreeds gebeur het.

Is daar ’n algoritme wat kan bepaal

hoe om dit te verstaan,

dit konkordant te vertaal?

Stap-vir-stap resep-oplossings

vir my om deur ’n rekenaar

te voer om alles wat nou vaag is,

disparaat en deurmekaar,

in probleem-oplossing-operasies

te verwerk sodat dit basies

die data sal vertolk

met binêre funksies

tot helder berekenende instruksies:

hoe om uit die anamneses

sin te maak

van nou af terug tot by die genesis

en dan akkolades van erkenning

te gee aan boeselsvol

demaskering van geheime gedagtes

om my te verbly

en sodoende

die dekressensie van geheuenis te vermy.

 

© Meyervanrensburg, 2024

 

 

 

 

 

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Anzé Bezuidenhout. Verweerde padpredikant (M)
Anzé Bezuidenhout. Kompas →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: "Kinderlê" deur Lynthia Julius
  • Resensie: "Miniatuur". (Johann de Lange)
  • Boekbespreking: “Taboek” (Riku Lätti)
  • Resensie: “Stil gesprek” (Jan Pretorius)

Nuutste bydraes

  • Andrea Sieberhagen. Koljander so deur die bos
  • Keith Oliver Lewis. vroeg ryp, vroeg vrot: mirror chat before the runway
  • 100 Duitse Bestes: Hermann Hesse (1877-1962)
  • Nini Bennett-Moll. Die veelkantige oeuvre van Marlise Joubert
  • Joan Hambidge. Oosterse digkuns II

Nuutste kommentaar

  1. Bernard Odendaal on 100 Duitse Bestes: Rainer Maria Rilke (1875-1926) (I)17 June 2025

    Baie dankie, Ilse. Dié vertaalprojek is ‘n opwindende en uitdagende onderneming soos min vir my en Robert.

  2. Ilse on 100 Duitse Bestes: Rainer Maria Rilke (1875-1926) (I)9 June 2025

    Dankie vir die lieflike vertalings!

  3. Heleen Louw on Jacobus Swart. Franz Kafka4 June 2025

    Treffend uitgebeeld. Jou vermoe om die essensie van 'n lewe' te omskryf is iets besonders vir my. En dan jou…

  4. Caren Kearley on Resensie: “Dawerende stiltes” (Caren Kearley)4 June 2025

    Dankie Maria, jy is welkom om my te kontak as jy een wil bestel. carenkearley@gmail.com. Ek is Ninni ewig dankbaar…

  5. Joan Hambidge on Ilse van Staden. Deursigtige oggend3 June 2025

    Beeldskoon hoe hierdie gedig vloei.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d