Matriarg
Wat is ’n trop sonder ’n moeder?
Wyd en syd oor die savannas
van Malelane tot Pafuri
hoor net hoe ons trompetter:
Die soetste gras
die sagste blare
die helderste water
waar, ja waar
sal ons dit ooit vind
sonder haar?
© Hennie Nortje, 2023. Noord van Malelane, Turksvy Publikasies