Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
21 February 2024

Nuwe Bundel. Alwyn Roux: Weerskyn

Weerskyn

Alwyn Roux

Omslag

AGTERGROND

’n Treffende debuut waarin Roux die siklus van die lewe van jeugherinneringe tot die dood van geliefdes en die skepping van nuwe lewe verken. Die bundel bevat eietydse belewenisse en verwysings na die Covid-tyd waarmee baie lesers sal kan vereenselwig. Oor die dood van sy pa skryf hy die volgende:

 

Skielik is daar minder oor van my as vroeër

ter nagedagtenis aan my pa (1952–2020)

 

Skielik is daar minder oor van my as vroeër

dit vermoed ek ná my pa se dood

dat hy in lewe ook aan my behoort het

soos elke ander ding op aarde: skemer,

sterre, wolke, genade. Dat die bontrugwewer

voortdurend nuwe nessies bou

aan takke van die luiperdboom

’n sekere wanhopigheid ná die soveelste keer

uitmekaargehaal. Of die lokroep van sy lied,

omdat daar in sy bors ’n melodie verrys

waartoe die vlegwerk van sy vlyt kan vergelyk,

’n roep is ingestem tot dié wat dit hoor –

want skielik is daar minder oor van my as vroeër

dit herken ek aan sy stil vertrek die naggrens oor.

 

Die bundel bevat ook ’n aantal herskrywings/bewerkings van bekende digters se werk. Charl-Pierre Naudé beskryf Roux as ’n “diplomatiese stem van die rede in die moeilike en dissonante projek van transformasie in Suid-Afrika se kulturele veld”. Marni Bonthuys skryf die volgende oor sy “landskapportrette”: “Die oog van die digter is dikwels soos dié van ’n kameralens wat landskapfoto’s neem […] Hierdie verse herinner aan Willem Pretorius-skilderye – realisties, nostalgies en melankolies. Ek vermoed lesers gaan daarby aanklank vind.”

Oor die outeur

Alwyn Roux (1982–) is nie slegs ’n trotse pa en ’n ywerige hardloper wat die Comrades Marathon reeds vyf keer aangepak het nie, maar hy is ook ’n medeprofessor in kreatiewe skryfkuns en literatuurwetenskap by die Departement Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap aan Unisa. In 2015 het hy sy doktorsgraad oor die poësie van Breyten Breytenbach en Lucebert by die Noordwes-Universiteit (NWU) behaal. Alwyn publiseer verskeie akademiese hoofstukke en artikels in geakkrediteerde boeke en joernale, en sy gedigte het ook al hulle plek gevind in bloemlesings en op platforms soos LitNet, Nuwe stemme 5 (2013), Ons Klyntji (2023) en Versindaba. Hy skryf ook resensies en rubrieke vir nasionale dagblaaie, insluitend Beeld en Die Burger.

Roux is ’n jong, opkomende akademikus en skrywer. Hy geniet al hoe meer gewildheid binne literêre kringe en is ’n bekende gesig in die media, by feeste, boekpraatjies, etc. Sy poësie is toeganklik.

 

[Protea Boekhuis 2024. PRYS: R220.00 (BTW ingesluit). FORMAAT: 137 x 213 mm. HARDEBAND/SAGTEBAND: Sagteband. AANTAL BLADSYE: 96. ISBN: 978-1-4853-1543-8]

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Alwyn Roux. Samespraak: Daniel Hugo, Nachoem M. Wijnberg en Martjie Bosman
Resensie: “Die papie roer en ek word digter” (Ingrid Jonker, Joan-Mari Barendse, red.) →

2e gedagtes oor “Nuwe Bundel. Alwyn Roux: Weerskyn”

  1. Kevin Robert Zoellner says:
    22 February 2024 at 20:07

    Dis so wonderlik om jou styl te kan inneem. Ek’t met trane in my oe die gedig klaar gelees en dit was ervaring na diep binne myself ook. Hoe jy dit stel. En vir ons wys hoe om die pyn neer en geluk en gevoel in geheue te verkwik. Jy’s ‘n baie besonderse skrywer Alwyn. Ek is so bly vir jou. Mag die boek die rakke van al die kunsinniges verder inkleur.

    Reply
  2. Eduan Naude says:
    22 February 2024 at 10:08

    Ek het omtrent ‘n week of so terug gewonder wanneer Alwyn gaan debuteer, baie geluk!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d