Halberd
Die meeste gedigte word ‘n versetskrif.
‘n Donker soeke na sin en samehang:
nuttelose besegging van iets soos drif.
Die eiesoortige taal van hierdie bedryf
verwerp pleonasmes, toutologie: rooi bloed
oor die algehele monopolie van skryf.
Die meeste gedigte, só sal jy leer,
word apart van die skepper of maker
uitgelewer aan ‘n steenbok en poolsee.
Op soek na ‘n neologisme of nuwe woord
vir die gevoel van obsédant of obsessief:
die woordeboek gaan helaas nie akkoord.
© Joan Hambidge, 2024