Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
11 March 2024

Pirow Bekker. Lyklelie (M)

 

Lyklelie

 

Die jaar van onbekende blomme was in die lug.

En insekte het gestraal, of was daar net bye daar

wat ongepoets kon raak met draers van die kis?

Nee, die bye het hulle angels in takt bewaar.

‘n Enkele oogopslag het laat dink dooigewig is swaar,

maar ek het geweet van Ma se keel en die gewas,

verstaan ek moet stilweg naby stap aan haar,

nog naderby wanneer dit die laaste hekkie is.

 

Ek, nou amper neëntig, koerant op datum oopgeslaan,

is pas herinner: vyftien jaar, en uiteindelik stoot

‘n lelie met geure van ‘n lyk wat asers trek

‘n blom – net om te vind dit was ‘n slot, ‘n set.

By geboorte kry ‘n mens die angel en die blom,

lewe en dood, in een goddelike pakket.

 

© Pirow Bekker, 2023

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Pirow Bekker. Taptoe (M)
Pirow Bekker. Onder koepels van ‘n Vredefort →

6e gedagtes oor “Pirow Bekker. Lyklelie (M)”

  1. Marlies Taljard says:
    14 March 2024 at 10:22

    Hierdie gedig is so ná aan perfek as kan kom. Onafgerond? – Asseblief!! Abrup? – indien dit so lyk, dan wel ter wille van die effek wat die digter wou bereik en baie suksesvol bereik het.

    Reply
    1. NICOLAAS ZWARTS says:
      16 March 2024 at 17:30

      Wat is dan ‘n perfekte gedig? Persoonlik wonder ek oor seker woordkeuses, dink dit kon beter gewees het, dog die sentrale idee is sterk.

      Reply
      1. Versindaba says:
        17 March 2024 at 14:14

        Marlies Taljard (Inhoudsbestuurder) reageer:
        Nicolaas, ek dink nie mens kry perfekte gedigte nie, net soos mens nie perfekte skilderye, foto’s, beeldhouwerke, ens. kry nie. ‘n Gedig is nie iets waarvan die waarde matematies en akkuraat bepaal kan word nie. Goeie gedigte voldoen meestal ten minste aan sekere poëtiese stylkenmerke, maar waar dit daarvan afwyk, is dit funksioneel en maak dit ‘n sterk stelling terwyl dit steeds ‘n gedig bly en nie prosa of ‘n gebrabbel word nie. ‘n Goeie gedig hoef nie deur almal verstaan te word nie en hoef nie in die persoonlike smaak van alle poësielesers te val nie. Dit hoef ook nie “mooi” te wees of “poëtiese woorde” te bevat nie. Gewoonlik kan professioneel opgeleide literêre kritici ‘n gedig na waarde skat. Soos met alle kuns, lê die kuns nie in bepaalde aspekte van die kunswerk nie, maar in die geheel. Persoonlike voor- of afkeure, veral as dit nie gestaaf word deur literêr-teoretiese argumente nie, is nie ‘n maatstaf vir goeie of swak gedigte nie.
        Pirow Bekker skryf vir die literêre fynproewer. Gaan lees gerus sy hele oeuvre en die talryke artikels en resensies wat deur die dekades daaroor geskryf is, dan sal jy dalk verstaan hoekom literatore dink hierdie is ‘n indrukwekkende gedig. Om hier ‘n vinnige ontleding en evaluasie van die gedig te verskaf, is gewoon onmoontlik. Mens ontleed nie Bekker se gedigte “vinnig” of voor deeglike agtergrondstudie nie. Ek sal dit na 40 jaar+ in die bedryf nie waag nie.

        Reply
        1. Bernie says:
          17 March 2024 at 17:18

          … where angels fear to tread.

          Reply
  2. NICOLAAS says:
    13 March 2024 at 19:35

    Netjies. Hier en daar abrup en onafgerond, maar oor die algemeen gefokus en sterk.

    Reply
  3. Joan Hambidge says:
    11 March 2024 at 16:53

    Nou dit is ‘n puik gedig.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid
  • Nuwe Publikasie. Ilse van Staden: Metamorfose
  • Digtersprofiel: Bernard Odendaal
  • Gerard Scharn. het was verschrikkelijk
  • Nuwe Bundel. Margaret Cordier-Biermann: Spiraal

Nuutste kommentaar

  1. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  2. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  3. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

  4. Soekie Vogel on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)27 August 2026

    Hambidge het haarself oortref in haar digsiklus oor De Lange. Aangrypend.

  5. Daniel Hugo on Ilse van Staden. Die Dans25 August 2026

    'n Wonderlike huldeblyk aan die digter se moeder en Van Wyk Louw.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d