Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
12 March 20241 April 2024

Jaco Fouché. Heenkome (M)

 

Heenkome

 

Hoe stil die gange waar die ligte dowwer

van die vloere af glim en ‘n verpleegster

‘n gaap smoor toe jy by haar toonbank

verby gaan op pad na die voordeur

waar ‘n wag stadig opkyk omdat jy

die glasdeure laat oopskuif sodat jy

kan uitstap die naglug in waar iets

eensaam van die nou toe restaurant

oorkant die straat skree en waar die

geparkeerde motors onder ‘n doulaag

blink waaroor jy in jou verbygang met

kamerjas aan ‘n vinnige skaduwee

gooi en dan is jy aan die sykant

van die hospitaal waar jy by jou

eie venster kan in kyk na waar jy

in die bed lê en maak of jy lees,

knoppe in jou kies, hart in jou keel,

gespanne oor die mense om jou,

gekwel oor die lang nag en die

langer dag van môre (dis nie soseer

die jare wat onderkry nie, maar die dae),

so geïntimideer deur die lewe self,

dat jy te lugtig is om te slaap en

wonder hoeveel nagte van hierdie

aard en gehalte lê voor, die soort

waaraan ‘n mens maar kortliks ontkom

deur gou kaalvoet na buite te gaan

voordat jy altyd altyd altyd weer moet

inkom.

 

© Jaco Fouché, 2024

 

 

 

The AVBOB Poetry Competition reopens on 1 August 2024. Visit our extensive archive at www.avbobpoetry.co.za and find inspiration for your writing by reading the work of other poets in all 11 of South Africa’s official written languages. Follow us on social media for news, announcements and opportunities.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Jaco Fouché. Piet Ras het vertrek (M)
Jaco Fouché. Verloskunde →

1e kommentaar op “Jaco Fouché. Heenkome (M)”

  1. Marieta McGrath says:
    12 March 2024 at 11:25

    Hou daarvan.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d