Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
8 April 2024

Nuwe Bundel. Jaco Barnard-Naudé: om my kastele in Spanje te sloop

om my kastele in Spanje te sloop

Jaco Barnard-Naudé

Omslag

Jaco Barnard-Naudé se digdebuut betrek ’n wye verskeidenheid temas: queer identiteit, die blywende natrilling van skilderkuns (veral die Spanjaarde s’n), die trauma van kinderjare, en die verhouding tussen ouers en seun. Deurgaans vloei die digterlike geheue soos ’n leitmotiv deur die verse.

Barnard-Naudé neem die leser op reis saam met geliefdes én voormalige minnaars na Madrid, Londen, Manhattan, Venesië en Vredehoek.

Die bundel getuig van ’n soepel en gespierde taalaanvoeling, en tree dikwels in gesprek met ander digters, filosowe en musici. ’n Diep gelade emosionele bewussyn vibreer regdeur die bundel – getuienis van ’n uitsonderlike nuwe digter-denker ter plaatse.

 

Oor die skrywer

Jaco Barnard-Naudé is professor in regsfilosofie en mede-direkteur van die Sentrum vir Retoriekstudies in die Regsfakulteit van die Universiteit van Kaapstad. Hy is ’n gereelde bydraer tot die Afrikaanse letterkundige pers. Tans is hy die mede-redakteur van ’n spesiale uitgawe van die Journal of World Literature oor menseregte en wêreldletterkunde.

 

[2024 NB Uitgewers. Prys: R260,00. Bladsye: 64. Formaat: 234mm x 152mm. Bindstyl: Sagteband ISBN-13: 9780798184540]

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Nuwe Bundel. Lynthia Julius: Kinderlê
Resensie: “om my kastele in Spanje te sloop” (jaco barnard-naudé) →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d