om my kastele in Spanje te sloop
Jaco Barnard-Naudé
Jaco Barnard-Naudé se digdebuut betrek ’n wye verskeidenheid temas: queer identiteit, die blywende natrilling van skilderkuns (veral die Spanjaarde s’n), die trauma van kinderjare, en die verhouding tussen ouers en seun. Deurgaans vloei die digterlike geheue soos ’n leitmotiv deur die verse.
Barnard-Naudé neem die leser op reis saam met geliefdes én voormalige minnaars na Madrid, Londen, Manhattan, Venesië en Vredehoek.
Die bundel getuig van ’n soepel en gespierde taalaanvoeling, en tree dikwels in gesprek met ander digters, filosowe en musici. ’n Diep gelade emosionele bewussyn vibreer regdeur die bundel – getuienis van ’n uitsonderlike nuwe digter-denker ter plaatse.
Oor die skrywer
Jaco Barnard-Naudé is professor in regsfilosofie en mede-direkteur van die Sentrum vir Retoriekstudies in die Regsfakulteit van die Universiteit van Kaapstad. Hy is ’n gereelde bydraer tot die Afrikaanse letterkundige pers. Tans is hy die mede-redakteur van ’n spesiale uitgawe van die Journal of World Literature oor menseregte en wêreldletterkunde.
[2024 NB Uitgewers. Prys: R260,00. Bladsye: 64. Formaat: 234mm x 152mm. Bindstyl: Sagteband ISBN-13: 9780798184540]