Hienatoe
Op hierdie voyage, ‘n enkelreis,
sonder visum of geelkoorskaart,
beweeg ek térug sonder vademekum.
Net in my drome nou besoek en bereis
ek verre lande: herinneringe ‘n post mortem:
toe gedigte naatloos en perfek bewys
dat niks was tevergeefs: die dubbel negatief
ontglip my nou. Die spoor van twyfels
‘n langpad terug tot die begin: ‘n definitief.
Ek het gelewe ter wille van die hartskrif?
Of was alles soos ‘n droomtaal ongekaart
in hierdie nuttelose, onbegryplike direktief?
© Joan Hambidge, 2024
Die beste stuurlui bly maar aan wal terwyl die meesters nie skroom om nat te word nie. Joan Hambidge, dankie vir jou konstante, positiewe betrokkenheid by Versindaba! Wat sal ons sonder jou doen! – Marlies Taljard
Elkeen sekerlik geregtig op sy of haar mening… Ek dink dis ‘n verdienstelike gedig.
Welgedaan.
Nie goed geskryf nie, jammer.