Ek is
my parenteses
my aanhalings veelvuldig
my medaljes sertifikate ensomeer
min of meer
ek is my dubbelpunte
verswygings verdraaiings verbye
vertolkings en versmagtings
meer of min
verliese verdriete verlatings
ballades vrye verse sommer die hele boksemdaais
kommas kommapunte ensomeer
ek min nie meer meer nie min
nie in iets nes ‘n gedoemde sonnet
of iets wat ruik nes ‘n ek-is-dalk-hier
© Joan Hambidge
Netjies Prof