Herhaling
Sy hande herhaal
die bulte van haar borste
en met elke verbeeldingshaal
stroop hy die bra
dun lagie beskawende kant
herhaaldelik af
tot waar haar bultende tepels was
wat teen die kanker
sjirurgies afgeflens en gerekonstrueer
hom laat vassuig en verweer
voor die driftige vervoer
weer en weer die donker water in
tot die verruklike kleindood
in haar moer.
© Dietloff van der Berg, 2024.