Mense jaag
(‘n pastiche op Ina Olivier se “Mense jaag”)
kinners jag en skarrel
vir ching vir pakkies cheap chips
soos die honger bakhand stol
teen die vuilgeel
skilfers van die verkeerslig
hier en daar aangeraak
deur hande bo-oor ruite
wat net ontslae wil raak
van hul sente
© Floris van Zyl, 2024