Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
19 August 2024

Floris van Zyl. vier verse (en route)

 

vier verse (en route)

 

kaapwaarts

 

die plate kanola lê

kunsmatig mensgemaak

binne die renosterveld

platter langs die kus

meer gerond soos

jy die overberg binnery

op die N2 wes,

witkopdorpers wei veldkleurig

frieskoeie ‘n gevlekte kontras

teen die groen van kuilvoer,

die aalwyne se vlamme lê

bruin en droog

bitter en dood

al langs die N2 wes

kaapwaarts,

hier vang jy nie meer die

reuk van perdeskuim

soos ons slakkepas

tussen stop-and-goes…

 

Fear and loathing, wes

 

die ironie van die moerse

multicoloured melkskommels

voor die ingang van tiny town

neffens albertinia

N2 weswaarts

is bietjie minder opvallend

as die onheilspellend’

mensekop

op die volstruislyf

wat welkomend grynslag

soos hunter se likkewane

 

“When the going gets weird

the weird turn pro…”

 

Tussen remixes en spoke

 

besembos en benadé se boksemdais

maak hierdie langpadkonvooi

effens mooier,

die treinspoor loop dood

iewers in die kanola

anderkant die pad

by merker N2-6 18 ooswaarts,

daar loop net kragdrade

in die ruigtes van die

soetmelksrivier,

onbemanne spoedkameras

weggesteek tussen die

kleiner geel van padrantsurings,

meer ontblomde aalwyne

voor riversdal,

en anneli se remix

bevestig ons lewe

tussen al die spoke

 

middeljarigheid

 

die wolke kompakteer

meer dingend

soos ons die boland binnery

en smells like teen spirit

begin basuin,

an anthem for a doomed youth,

ons almal nou middeljarig

met opinies oor nisbiere

en hoe disney star wars

opgefok het en hoe taai

gen x nou eintlik is/was;

ons weet ten minste nou

watter wolke water bring…

 

“here we are now, entertain us…”

 

© Floris van Zyl, 2024

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Floris van Zyl. ecce homo
Floris van Zyl. Mense jaag →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d