Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
26 August 2024

Pirow Bekker. Besoek van Basilikat

 

Besoek van Basilikat

(Vir  Anke)

 

Slapend in die woud van koorsboom en beton,

het ek laasnag van ‘n tierkat besoek ontvang.

 

Met ‘n vlagie wind deur die geligte ruit

(Het ek haar verwag?) het sy gekom,

iewers met sagte pote op die bed geland.

 

Ek het opsluit gedink sy het gekom om te vergeld

omdat ek haar laat gaan het toe sy destyds

sonder afskeid uit die woonstel gedros het.

Pa sou kon gedink het agttien vloere na die grond

sal haar daarbo soos ‘n plant laat wortel skiet –

maar jy wat haar so goed geken het, sou weet

hoe ongerekend sy kan wees. Hoon sou sy hê vir ons

omdat ons nie soos die vorige kere

die strate ingevaar het nie, al was die dae lank.

By die see het sy ‘n keer self die huurhuis gevind

en ons by die deur uitgeskel totdat ons laer voel as

slangspoeg terwyl ons ons arms na haar toe strek.

 

Laasnag het sy op my been getrappel. Onmiskenbaar

was dit teken van Basilikat dat sy lêplek prakseer

soos gewoonlik vir ‘n reis op my bene of my nek.

Ek het my lies ontspan en sy het die holte aanvaar

om haar soos ‘n sonkololo daarin op te krul.

Niemand anders nie sou, en met dié versekering

dat dit beslis Basilikat was wat my dalk voorberei

vir die narkosereis voor my hartoperasie

het ek aan die slaap geraak.

 

Toe ek wakker word, was die bed leeg.

Was dit ‘n droom soos jy gehad het toe sy verdwyn het?

Die vensterruit was steeds gelig. En die wind

het sterk gewaai soos deur ‘n oopgelate katedraal.

 

© Pirow Bekker, 2024

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Pirow Bekker. Knipmes
Pirow Bekker. Muis en leeu in ouetehuis →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d