Muis en leeu in ouetehuis
So is hy dan “ouetuis” toe: met eie inwonende muis
vir ‘n algemeen goeie nagrus, hartstilstande uitgepluis;
geluidloos na die badkamer deur ‘n mynveld word ‘n sege,
maar eers by die wenpaal brul die muisleeu onbesuis.
© Pirow Bekker, 2024