Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
29 August 2024

Vincent Oliphant. “Khwezi”

 

“Khwezi”

vir Fezekhile Kuzwayo (1974-2016)

 

Hulle was helde

my pa en hy

in die hel van daardie sel

wat hulle so diep moes deel

toe hulle beste jare gesteel is.

 

Was dit my pa se laaste vraag

in die oomblik voor hy sterf?

Wie sy vaderskap sou erf?

Hom oor my sou ontferm?

My teen die wolwe sou beskerm?

 

Hy was ‘n oom vir my, daardie man

in wie se huis

ek net ‘n tydjie wou verwyl.

 

Ek het nooit die kwyl

uit sy kake sien tap nie.

 

Dis oor ek ‘n stukkie lap gedra het,

‘n kanga

wat daarvoor gevra het,

was sy verweer.

 

Sy bende en sy hallelujah koor

wou nie hoor

hoe my waardigheid

van my lyf geskeur is nie.

 

In my ellende

wou hulle my

soos ‘n heks verbrand.

 

Ek moes landuit

vlug

met die vlamme van my ma se huis

lekkend aan my rug.

 

Die naam “khwezi”

was my stukkende mantel

in die rukwind van die vreemde.

 

Nou het die dood my bevry

om die naam terug te kry

wat so liefderyk en vol

van my pa se tong kon rol:

fezekhile, my liefling, fezekhile.

 

© Vincent Oliphant, 2024

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Vincent Oliphant. Toe het hulle geweet
Vincent Oliphant. Waarheen →

1e kommentaar op “Vincent Oliphant. “Khwezi””

  1. Selwyn Milborrow says:
    29 August 2024 at 14:56

    Hartverskeurend. En daai oom kwyl net aan na die volgende prooi! GBV en molestering moet end kry!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d