Waarheen
Met die gewig van die wȇreld
trek die foon sy hand
na onder
hy probeer regop bly
maar is verstrengel
in die rou
weeklaag van sy vrou
die sirenes trek hulle aan die keel
na die toneel
waar hulle seun
in geknakte blikwerk sit
hy het nie gesȇ
waarheen
nie.
nou is hulle omring
en alleen
die noodlotswaens staan
in ‘n rooi-blou flikkerrëen.
© Vincent Oliphant, 2025
