Kreef
Die Here het die kanker reeds
my neus so bietjie uit laat kerf,
maar kyk ek daarlangs na die Kreef
weet ek die bestraling
het deur sy wetenskap
ook genesing meegegee
en knyp ek myself
met die besef my deoksiribonukleïensuur
het Hy in spirale lank voor hierdie uur
al in my moederskoot gelê
en kan ek vir genesing van krappe
steeds kopgelig net dankgebede sê.
© Dietloff van der Berg, 2024