Skinker
Die kromgetrekte druiwestok
bly staan teen elke wingerdvrot en weer
mikrobiese peste af wat probeer
dat sy groei verknotte lote uit sal stoot,
want hy wil vrug dra dat elke mens
asof vervul met wyn dronk kan word
verruk deur die sap wat uit trosse tap
hul vervoer tot wéét hul is geënt in een.
Elke blaar het ’n paar strale van die bron gekry,
maar tragies het die energie
by sommige blare geen effek
en het dit bruin gevlek,
verdor en afgeval.
Ander se fotosinteer het ranke
met vrug uit laat swel,
maar te blaarbedek
lei botritis tot die tros se vrot.
Skink U son om ons kaal te bestraal
dat die fotosintese radikaal
vermenigvuldig om druiwe te kan voed
en nagmaalwyn dan vloei in oorvloed.
© Dietloff van der Berg, 2024