Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
5 October 20243 October 2024

Meyer van Rensburg. Voltrekking

 

Voltrekking

 

Magdaleen is ene bewerasie

loer sidderend om haar rond

want aanklaers met wet en klippe

staan gereed om haar te wond

hulle dreig en kom al nader

maar ’n man skryf op die grond

 

hier kom die magdom-menigtes

baldadig en nuuskierig

skynheilig in Millais-purper

en geveinsde Turner-wit

om haar vir goed op haar plek te sit

 

Jeanne, voorheen alreeds gewond,

staan nou in die vlamme

tog het sy in haar strydersharnas

Orleans en Reims bevry

maar die stemme wat sy bly hoor

laat haar steeds vir Frankryk stry

 

hier kom die en masse-mense

in Botticelli-blouselblou

in Pierneef-pienk ekstase

om die skouspel dop te hou

 

Jan Hus word ook gebrandstapel

na sy patristiese perk

van verbanning uit die kerk

maar hy sing paladynpsalms

en ’n oorlog word verwek

 

hier veg die wilde menigtes

in Walter Battiss-brandoranje

en vurige Rembrandt-rooi

gewonde wankelriges

met tradisionele wapens

wil geregtigheid laat ontdooi

 

en Martin in sy vryheidsdroom

wil wetsgelykheid laat geskied

maar ’n slaafseun kry net een kans

om ’n koeël die hoof te bied

 

nou marsjeer ’n maskermassa

in epoptiese albasterwit

’n fakkelgloedgeel treurspel

met vlammend geplante kruise

hulle wil dié tendens verstel

 

die goewerneur sê: “Gésel hom!”

dan was hy voor die skare

sy hande in ’n kom

terwyl ander met besware

regverdiges verstom

 

hier is die apatiese gepeupel

verbleikte La Dolce Vita-narre

in ’n kleurbont Fellini-sirkus

’n Tartarus-swart tragedie

steeds dorstig na geplengde bloed:

 

“Hy kan mos juis

die magdom gebied,

Sy koninkryk laat kom!”

 

U wil

geskied.

 

© Meyer van Rensburg, 2024

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Meyer van Rensburg. Stilte
Meyer van Rensburg. Struisbaai-gesin bou legkaart met 7, 500 stukke vir 21 jaar →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d