Windpomp
‘n Afvlerk windpomp
verroes verder waar met sy stang
voorheen waters waar rus is
diep onder uit die aarde opgeruk is
om verruklik nuwe groei te bring.
Die aar waaroor hy staan
is met ’n mikstok
in die waterwysershand
opgespoor en oopgeboor,
maar met die bombardeer
deur stofsigtig relatiewe deeltjies
verkrummel toe sy staal
en selfs al waai die aandwind
bly die wêreld om hom
verdroog en dorstig kaal.
Laat U wind weer waai
en wolke knallend saam sambok
om seën van bowe uit te stort
dat gesiggies dans van kant tot wal
waar nou net dowwe stofliggies val.
© Dietloff van der Berg, 2024
