Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
18 October 2024

Hercules Boshoff. Gedagtegang

 

Gedagtegang

 

Grotkelders, klipskerwe, skedelstuk

word in projeksies, bespiegelings omskep

van edel barbare, ‘n selfish-gene, homo so-en-so;

of meer formeel: mevrou Ples.

Bewegend-projekterend was jy:

spiesgooier, boogskutter, beeldmaker;

 

na oorsprong en kern bly ons op soek

by jou wat buite ruimte en tyd,

in plante, diere en die sterreruim

gekyk en fyn geluister het.

Louter mite sê ons, Verligtes–

beligtes: dansend by ons algo-ritme vure,

so slim het ons geword

dat ons nie self meer hoef te dink nie.

 

Mens, wie is jy? Klink die vraag op.

Kaal uit die paradys geskop

maak ons huis in die hier en nou,

met mikroskyfies en makro winkels

word ons sigbaar in woord én daad, dog

verskans deur klerasie en muur

(of ‘mode’ en ‘argitektuur’),

en laat gode kaal

in mensevorm voor ons staan.

 

Fanaties moet ons eers bevestig

wat vals, of – erger ­– ou nuus is.

Bewegend, maar sonder skuiling,

weer kaal, maar sonder paradys; barbaarse edeles

wat strewe na ewige lewe;

geketting aan rotse van bevrediging soos

inligting-arende aan ons lewer aas.

 

Ons bly op soek na onsself in jou –

wat lê hier voor ons, stil, maar bly ontwyk –

vanuit ons eie plek soek ons;

plek wat tuis is, maar geen vaste woning.

 

© Hercules Boshoff, 2024

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Hercules Boshoff. Op nommer 99
Hercules Boshoff. Oor die hoë getal 100 →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d