Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
9 December 2024

Joan Hambidge. The upturn palm

 

The upturn palm

 

Simbool van reis glo. Aldus Hitch

in The Avon Emeralds.

En oor palms is daar al veel gedig:

in die onherbergsame kakofoniese vuis

van New York vertoef; dié stad

dra immers die hele wêreld

in die palm van sy groot hand.

In antieke tye glo simbool van dank-

baarheid. Voor die Metropolitan Museum,

‘n beeld van Kupido met ‘n palm opwaarts.

 

En nou het herinneringe aan jou,

jy, Du, Tu, my in die palm van die hand.

In New York waarsku ‘n waarsegster

dat ek jou nooit, nimmer sal vergeet nie;

lank voor die Twin Towers intuimel

toe sekerhede en reise op ‘n Greyhound,

American Airlines, treine my transporteer

deur ‘n land wég van jou soos ‘n voortvlugtende

in ‘n Alfred H-drama verpak met spanning en drama,

nog ‘n kinkel in die liefdeskabel afwaarts.

 

© Joan Hambidge

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. My stofsuier
Joan Hambidge. Piet Swanepoel →

3e gedagtes oor “Joan Hambidge. The upturn palm”

  1. Johann de Lange says:
    16 December 2024 at 06:26

    Sensuur toepas beteken nie dat elke opinie die moeite werd is om daglig te sien nie.

    Reply
  2. Versindaba says:
    15 December 2024 at 12:21

    Johan Brandt, ja ek sensureer inderdaad kommentaar wat op Versindaba verskyn, veral as dit kom van oningeligte persone en as dit beledigend van aard is. Dit is wat die werk van ‘n Inhoudsbestuurder behels. Hoewel die kommentaarkolom oop is vir sinvolle kommentaar, is dit nie ‘n “free for all” nie. Vryheid van spraak beteken nie die vryheid om te beledig en te verkleineer of om uit die hoogte “raad” aan te bied waar die raadgewer ooglopend nie die teks verstaan wat hy kritiseer nie. Die gedagte van “where angels fear to tread” kom by my op … Versindaba is nie ‘n oop Facebookblad waar enige Jan Rap en sy maat ander gebruikers van die blad van subjektiewe en meestal ongegronde en belaglike “raad” voorsien nie. Versindaba is ‘n webblad vir gepubliseerde digters en digters wat verdienstelike werk lewer. Die afgelope 45 jaar het ek in die praktyk geleer dat mense wat literêre kritiek lewer of skryfkunsbegeleiding doen, in 99.9% gevalle akademici is wat teoreties toegerus is om literêre tekste aan die hand van bepaalde kriteria te lees. Subjektiewe kommentaar en “raad” wat gebaseer is op persoonlike voorkeure oor (byvoorbeeld) hoe ‘n gedig moet lyk, voeg geen waarde toe tot die literêre gesprek nie. As ‘n mens digters wat soms al tientalle solo-bundels gepubliseer het se werk wil beoordeel, glo ek dat “raad” akademies en teoreties behoorlik gefundeerd moet wees en dat die raadgewer heelwat teoretiese en praktiese ondervinding van kreatiewe skryfkunsbegeleiding sal hê. Jou naam het nog nie in dié verband iewers opgeduik waarvan ek weet nie.
    Ons almal waardeer kommentaar van ingeligte lesers en die potensiële leerkurwe wat dit vir digters wat hier lees, inhou. Die sing van prysliedere in die oortreffende trap of die geseur oor ditjies en datjies in gedigte is nie die primêre doel van die kommentaarkolom nie, maar wel kommentaar wat ‘n positiewe bydrae wil en kan lewer ten opsigte van werk in wording.
    Daar is genoeg Facebookblaaie waar amateurdigters mekaar se werk na hartelus objektief of subjektief kan beoordeel, kan “like”, met sterretjies en hartjies en uitropetekens kan besing en in die afwesigheid van die regte woord woorde soos “wow” en “awesome” kan gebruik. Dit is waar Versindaba verskil: Ons is ‘n webblad vir ernstige digters en kommentators wat aan die hand van weloorwoë argumente probeer sinmaak van plasings op die webblad. Ek laat wel soms niksseggende en emosionele kommentaar toe wanneer dit onskadelik is, maar wanneer een van Afrikaans se grootste digters deurlopend deur ‘n leek geteiken word met onsinnige en kleinlike kommentaar, gaan dit myns insiens te ver.

    Reply
  3. Johan Brandt says:
    14 December 2024 at 18:20

    Mens wonder hoekom Marlies nie kritiek op die gedig plaas nie. Op watter punt besluit Versindaba/ Marlies Taljard dat kritiek ongegrond is? Laat die leser oordeel. Marlies, sensureer jy? Nee man, jy weet mos van vryheid van spraak?

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d