Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
15 December 2024

Joan Hambidge. Piet Swanepoel

 

Piet Swanepoel

 

Van die taalkunde het jy ons veel geleer:

hoe metonimia sintakties uitspeel.

Wag, ons laat die geleerdheid eers na links.

 

Op ‘n Sondag jy, Pieter, Henning, Johan

met Duard en Ronel nou al almal vort.

Die dag word ‘n feestelikheid uitgebreid

 

met ons diva wat arias vertolk hemelskoon.

Deur die jare kontak gehou: Ponelis se weggaan,

my swaer se begrafnis en Duard se heengaan,

 

snoer ons saam in kerke en gedenklesings.

Met ons laaste samekoms is jy sprakeloos;

dog lag jy oor die grappe vertel in Seepunt

 

in ‘n rystoel met sóveel vakansielawaai in die hotel.

Jy het altyd gereageer op gedigte en in ‘n gastehuis,

uiteraard Pretoria, eet ons ontbyt met die son ‘n lem.

 

In my soebatshand wens ek dat ek die tyd kon terugdraai:

Om weer Brindisi te hoor, soos ons dit toe beleef het …

Duard wat nog ‘n glas wyn skink, Johan se regsuitsprake,

 

weifelinge, noodtoestande. Polemieke en stryde.

Tye van onrus met reise na Amsterdam en Utrecht;

vlymbekkig jy oor herkenbaarheid én wraak in tekste.

 

Verwonderd nou oor Roman Jakobson se siening van afasia:

digterlike taal wat ontspoor én tog weer terugkeer na sin.

Ek sluk my woorde, is soos Boerneef dig, van my gremmer af.

 

Was die lewe maar net ‘n grammatikaboek met verbuigings,

vervoegings of ‘n handleiding met reëls en boomdiagramme,

sou ons nie nodig had om te vra: die antoniem vir sinkretisme?

 

© Joan Hambidge, 2024

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. The upturn palm
Joan Hambidge. Kerstyd 2024 →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d