Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
30 December 20243 January 2025

Joan Hambidge. Kerstyd 2024

 

Kerstyd 2024

 

‘n Spyskaart immer met keuses:

wildsvleis of vis dalk gerookte vark

met ‘n sjampanje-op-die-huis.

 

Nog ‘n Kerstyd alleen

sonder my ouers, vertrekkendes,

geliefdes – vér van vergeet;

 

tot naby se onthou hoe my moeder

wildsvleis berei (met spek),

gebraaide hoender én lam.

 

My vader vra die seën

(steeds); my susters oorhandig

Kersgeskenke in blink papier.

 

En al die weerloses, migrante

in ‘n oorloggesteisterde wêreld

met opslagkoeëls soos Krismiskrekkers?

 

Die vermeerdering van visse en brode;

geloof wat bly groei soos ‘n mosterdsaad:

‘n kerswens vir Vrede. Geplaas onder ‘n boom.

 

Geloof en hoop in die stratografie:

“die gewete te reinig van dooie werke”,

opgeteken in Hebreërs 9 vers 14.

 

In die Bybel en in die Koran staan

dit toe en nou om die lewende God

te dien. Kom herwaarts getroues …

 

© Joan Hambidge

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Piet Swanepoel
Joan Hambidge. Vingerafdruk →

3e gedagtes oor “Joan Hambidge. Kerstyd 2024”

  1. Shaun says:
    5 January 2025 at 20:34

    Smashing, prof. Hambidge. Kan my net voorstel hoe die klank tot lewe kom as u dit voorlees, want daar is min wat ‘n gedig kan lees soos Joan Hambidge.

    Reply
  2. Nicolaas Geldenhuys says:
    2 January 2025 at 20:58

    Mooi Prof. Het ons tog ou Breyten onthou. Die Waterboys.

    Reply
  3. Marieta McGrath says:
    1 January 2025 at 11:41

    Ek het die vers weer en weer gelees. Die woord stratografie met sy dubbele betekenis is ‘n perfekte keuse in my nederige opinie.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d