Summum
die hemele ontluik
swartgrond slink
roeswater rys
plastiekemmers wieg
op ingestelde ritme
metronoom
die sinkdak sweet
vensterrame gyp
komberse bibber
in die hoek druip
’n swetsende hond
Atlas swik
verloor sy ewewig
’n aardbol dryf straataf
haasbekkinders agterna
© Christiaan Diedericks 2024