Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
27 February 2025

Christiaan Diedericks. Kaïro (I)

 

Kaïro (I)

 

die son drup

soos ’n uitgeperste lemoen

in die ou rivier

waar die skimme

van faraos vervaag

 

taxi’s se toeters

is ‘n koor van chaos

soos woorde wat te lank

in die son gelê het

 

die skraal vingers van lig

krap met vuil naels

teen gebreekte vensters

bakstene fluister in tale

wat net die wind verstaan

 

op die straathoeke kuier

geure soos ou vriende:

kardemom, saffraan, sjisja-rook

en die hartklop

van ‘n vars gebakte falafel

wat oopmaak

soos ‘n sak vol genade

 

elke flenter papier

is ‘n offer aan

die stad se ou gode

ook die hopies drome

wat in die strate laat val is

 

vuilheid is die patina

van vervloë verlange

wat aan padtekens hang

herinneringe wat nie

ontsyfer kan word nie

 

op die markte verkoop

handelaars mandjies geluk

vir ’n handvol roes

en ‘n spatsel rooswater

 

engele dra die stad

in hulle oë

en glimlag breed met tande

van melk en rook

 

ontslape konings agter glas

rus met oë vol stof

en ewigheid

hulle harte is gebalsem

met linne en vergete lug

 

stories krul soos wierook

in die gedagtes

van verdwaasde besoekers

op deurknoppe talm

die vingerafdrukke van eeue

 

ek ontmoet ‘n man

met oë soos ou glas

hy bied my platbrood

warm soos sonklippe

en tee soet genoeg om sonsondergange te drink

 

om ons haal

die stad stadig asem

‘n gedig sonder punte

tussen elke krummel

van sy eie verval

 

 © Christiaan Diedericks 2025

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Christiaan Diedericks. Summum
Christiaan Diedericks. Verlore grond →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie

Nuutste bydraes

  • Resensie: Vers & Kapittel III (Daniel Hugo)
  • Nini Bennett-Moll. Jack Unterweger en die outeursfunksie van ’n reeksmoordenaar
  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026

Nuutste kommentaar

  1. Helené Coetzee on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)27 September 2026

    Wat 'n aangrypende boek!

  2. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  3. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  4. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  5. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d