Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
30 December 2024

Anne-Marie Bartie. krismismaal

 

krismismaal

 

medium – kos op lap

 

vanjaar sal ek my kulinêre ode

aan Jackson Pollock rig

met immerbehepte hale verf,

my krismis ‘n abstrakte polsslag gee

 

die beskeie weergawe van

splashing madness

van dié jaar se leef

vasgevang in vet,

vuur, sout, suur

 

ostamatie, balsemkruid,

swartolyf, bokmelkkaas

teenmekaar in phylloblaar

met die gemeste lam se sawwe boud

 

my astrante loslyf dropcloth abacus

sal splerts in edelspys

ánamemies, juigend drup

 

ten laaste, een trotse vingerpunt

moet die kataklisme streel

die gulsige drama van fennel,

roosmaryn, salie, lourier

kaolisie tussen skilderkuns

en fynste dis waardeer

 

in nanag sal ek op hierdie

waansin terug kan blik

deur die valdeur van my kerker kruip

 

en sal ek teen my hart kan druk:

dit is wat dit is

om ‘n naatlose heiligheid

kos op lap, te kon pleeg

 

© Anne-Marie Bartie, 2024

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Anne-Marie Bartie. alpha centauri
Anne-Marie Bartie. gevurkte blits →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Resensie: “’n Ander wêreld” (Eunice Basson)
  • Anne-Marie Bartie. alpha centauri
  • Anne-Marie Bartie
  • Stephan du Toit. Witgatboom

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Bestekopname
  • AVBOB Persverklaring
  • Willem M. Roggeman. De meerwaarde van de verbeelding
  • Joan Hambidge. Brief, 10 November 2025
  • Carina van der Walt. Paryse dagboek

Nuutste kommentaar

  1. Marlies Taljard on Nuwe publikasie: “Troilus and Criseyde” in Afrikaans vert. deur Johan Boje10 November 2025

    Besonder insiggewende inleiding wat onmisbaar is wanneer mens so 'n vertaling lees. Baie geluk met 'n wêreldklas vertaling John Boje.

  2. Peet van Schalkwyk on Peet van Schalkwyk. Camdeboo, Van der Waltshoek10 November 2025

    Baie dankie Vds

  3. VDS Brink on Peet van Schalkwyk. Camdeboo, Van der Waltshoek8 November 2025

    Peet, dit is aangrypend mooi!

  4. Bernard Odendaal on 100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)3 November 2025

    Dankie, Joan.

  5. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)31 October 2025

    Was es ist! Puik vertaal.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d