Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
1 January 2025

Anne-Marie Bartie. gevurkte blits

 

gevurkte blits

 

vir almal wat ‘n geliefde verloor het

 

hierdie jaar se gevurkte blits

het ons kameeldoringboom

in flenters afgeklief

steggies droëhout brand amok

in die skemer spleet

onderkant ons rooiduin

se stoskanttrog

 

die trop koedoebulle

en ‘n swanger koei

wat nog lank, vredig

in die woestyn moes wei

is wreed uitgedun

toekomstige woorde

tot ás verwoes

 

hierdie annus horribilis,

moes ons as kudde

om oorlewing veg,

voor die volgende

slag ons tref

 

steeds lyflik broos

wrakkerig, emosioneel

nou gewoond aan vlak

en haastig asemgehaal

 

drentel ons in strate

van hierdie onseker labirint

tussen maanlig en noodlig,

verwilder waaiend die trop kraaie

wat tydens elke doodsberig

flink maar wreed

die verstrooide bene kaler pik

 

vanaand, as wesies,

vra ons Heer,

dat wanneer middernag

se krukslagpen

ons bottel pop

U, in genade,

die rou vlam van die jaar

sal snuit met engelvog

 

© Anne-Marie Bartie 31 Desember 2024

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Anne-Marie Bartie. krismismaal
Anne-Marie Bartie →

4e gedagtes oor “Anne-Marie Bartie. gevurkte blits”

  1. Anne-Marie Bartie says:
    5 January 2025 at 16:58

    Baie dankie! Mooi jaar vir julle.
    AMB

    Reply
  2. Elmarie van Kampen says:
    3 January 2025 at 21:09

    Wat ‘n lieflike gedig! Veral die laaste strofe is iets besonders.

    Reply
  3. Marchand says:
    1 January 2025 at 12:22

    Dankie…glo en bid dat 2025 nog baie van die diep denkende mooi gedigte uit jou pen gaan oplewer…

    Reply
    1. Anne-Marie Bartie says:
      3 January 2025 at 17:50

      Dankie! Was goed Om julle te sien

      Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d