koperpennie
vir my valentine
ek het ontstaan uit
jou ribbebeen
en die gerf geel rose
wat vanoggend afgelewer is
met die boodskap:
jy het ‘n snaar
op my viool
met jou guitige lyf gesoen
die seismiese eklips
van jou donkermaan
is diep onder my
onsigbare kors
agter die vlies
van ‘n orgaan verseël
ek dwaal deur die strate
van my eie haarlem
soek na jou vingers wat
duiwe en engele voer
jy hou steeds my enigste
kosbare koperpennie vas
© Anne-Marie Bartie, 2025