Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
28 January 2025

Marthé McLoud. Besoek aan S21-gevangenis in Phnom Penh

 

Besoek aan S21-gevangenis in Phnom Penh

(At any one time, the prison held between 1,000 and 1,500 prisoners. They were repeatedly tortured and coerced into naming family members and close associates, who were in turn arrested, tortured and killed.)

 

Vroeër is die voetval van tieners

op die terrein gehoor

en toebroodjies is pouses

op die grasperk geëet.

 

Nou is dit die Tuol Sleng Volksmoord Museum –

vertaal, “Hill of the poisonous trees”.

Die gewese klaskamers is in mosterdsaad-

grootte baksteenselle verdeel.

 

Wat onthou ek van my besoek

aan hierdie detensiesentrum

daardie somber dag in April?

 

Die swart-en-wit kop-en-skouerfoto’s

van die gevangenes by aankoms

geneem.  Hulle staar vanaf

die mure na my. Stom.

 

Party lyk verskrik soos ’n bok

in spreilig.  Ander is versteen

soos ’n gehipnotiseerde,

bewende muis voor ’n slang.

 

Net een tienerseun glimlag

breëtand asof hy vir ‘n oudisie

na Hollywood genooi is.  My hart

verbleek en my hande raak lam.

 

Hy was nie een van die laaste twaalf

oorlewendes met die bevryding

in Januarie 1979 deur die

Viëtnamese weermag nie.

 

© Marthé McLoud, 2024

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Marthe McLoud. Rwanda volksmoord (1994)
Marthé McLoud. Prins van die Promenade →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Helené Coetzee on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)27 September 2026

    Wat 'n aangrypende boek!

  2. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  3. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  4. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  5. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d