Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
19 February 2025

Marthé McLoud. Of love, loss and watermelons …

 

Of love, loss and watermelons …

The Mail en Guardian, 9 Februarie 2017

 

Ons passasierskip laat sak sy anker

by die vissersdorpie, Warnemünde,

waar die Warnowrivier in die see

mond – Duitsland se bekendste

hawe by die Baltiese see.

 

Met net 8 400 inwoners

lê Warnemünde voor ons

soos ’n oopgekapte waatlemoen

op ’n warm somersdag.

 

Ons stap vêr op die wandelpad

langs die see en drink

koffie op die walle van die Alter Strom.

 

Agter ’n ou gebou sien ek

’n bruidegom en bruid –

gepak en gesluier – gou besig

om ’n smoke break te vat.

 

Hulle geronde monde blaas

’n wasige stroom in die lug

terwyl linte lig

deur die skaduwee op hulle val.

 

Nou nog wonder ek soms of hulle

na al die jare steeds so knus

bymekaar is en saam waatlemoene

oopbreek tot by die soetste kroon.

 

Of het hulle drome dalk weggevloei

en die grys koue hulle verrimpel

en ’n stroom harde woorde

hulle meegesleur terug na

die ander visse in die see.

 

© Marthé McLoud, 2025

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Marthé McLoud. Prins van die Promenade
Marthé McLoud. That’s Not a Crumb, It’s a Tiny Chameleon →

1e kommentaar op “Marthé McLoud. Of love, loss and watermelons …”

  1. Nicolaas Geldenhuys says:
    21 February 2025 at 21:08

    Nice

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d