That’s Not a Crumb, It’s a Tiny Chameleon
The New York Times, 20 Februarie 2012
Haar voete is twee trapsuutjies.
Hulle wik en weeg na vastrapplek op die grond
een ogie rol kleurklasie rond.
Haar tong is ‘n klipstapel in ‘n grot.
Vir jou het ek ‘n “ek is oek important”-wens
klein onvolmaak geskape mens.
©Marthé McLoud, 2025
*na Peter Snyders se gedig, “Ek is oek important”