DWAALDAE
Andrea Sieberhagen
Digter
As jy poësie wil pleeg
moet jy woorde deeglik weeg.
Verwyder alles stram.
Reduseer van gram na milligram.
’n Digter dwaal maar net skynbaar doelloos deur die lewe. Elke gedig in Andrea Sieberhagen se bundel is ’n koördinasiepunt op die landkaart van haar lewe. Sy skryf oor reise, die natuur, liefde, kinders, siekte en die onvermydelike dood. Die digterlike woord is vir haar gelyktydig ’n viering én beswering van die lewe met sy vreugde en verdriet.
OOR DIE SKRYWER
Andrea Sieberhagen (née Du Plessis) het in Nylstroom (Modimolle) grootgeword en gematrikuleer. Sy verwerf haar BA (HOD)-graad aan die Universiteit van Pretoria. Daarna volg ’n lang loopbaan as Engels-onderwyseres. Verskeie van haar gedigte is in versamelbundels opgeneem. In 2022 is sy aangewys as wenner in die Afrikaanse volwasse afdeling van die Poetry in McGregor-poësiekompetisie.
Vir inligting, boekbestellings en boekbekendstellings:
Marlene Malan: 083 308 6305, www.turksvypublikasies.co.za/marlene.turksvypublikasies@gmail.com
Andrea Sieberhagen:083 449 0709. andreasieb2@gmail.com
[Turksvy Publikasies 2025. FORMAAT: A5. AANTAL BLADSYE: 122. PRYS: R260.00 (BTW ingesluit). ISBN: 978-1-0370-5213-2]