O, om boer te wees
En kyk, hier is my beeste.
Pure masjiene van vleis.
Verslind gras en maak metaan.
Sien jy my skape?
Ek laat hulle wei.
Wee die wat te lig bevind word.
Daar is die pluimveeskuur.
Almal uitgeslag met die voëlgriep.
Begin maar weer van voor.
So groen was die koring op die lande.
Dis die takseerder wat daar frons.
Blykbaar onderverseker vir haelskade.
Swartryp het die olyfboord getref.
In my hand die verlepte tak.
Aan sy vrugte word hy geken.
Die mielies het mooi opgekom.
Spoedig sal die stroper dreun.
Al die koppe gaan waai.
© Jakes Möller, 2024