Tweespalt
ons sit sy aan sy
en stry, ek en hy
hy die linkerbrein
ek die regterkant
wispelturige
wederhelftes
onder ‘n halfmaan
skedeldak
hy vertel my nie
die helfte nie
ek hou ‘n halwe
waarheid voor
ons is halfbroers
hot en haar
sy aan sy aan stry
ek en hy
© Jakes Möller, 2025