Watter danige lieflikheid was ons?
JdL
Stil soos ‘n begrafnislys word alles nou
‘n Voël voor die deur bly roep na jou
Vertalings vertolkings steeds bevestig jou
in drome bly alles tussen prente vol berou
Beter goed gejat dan slecht bedacht
die hase met miximatosis is verdag
Ek speel voyeur en selfs luistervink
opgefoes verfrommel verniel vermink
Die meeste sterre het lankal ingeplof
ja iewers iewers skryf ons na in stof
© Joan Hambidge, 2025
