Om die lewerik se keel oop te sny
Dit was Emily D, die vrou van Amherst
se waarskuwing téén die oopsny van die lewerik-
keel om sy mooie musiek te verstaan.
“Split the lark – and you’ll find the Music” …
in aandagstrepe oor die skeptiese Thomas,
met uitroepe oor dié bloedrooi eksperiment.
In die tuin van Emily D gestaan en geluister
na die singende voëls lank, lank gelede
voor die dood jou sang sou stil-maak.
© Joan Hambidge