Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
23 July 2025

Joan Hambidge. David Lean: Die gees van die avontuur

 

David Lean: Die gees van die avontuur

 

Dr Zhivago se begin en einde

verfilm by die Aldeadávila-dam

tussen Spanje en Portugal

op soek na egte sneeu,

toe artifiseel vervaardig

met die Strelnikof-trein in ‘n ys-landskap

werklik beleef in Campo de Gómara.

 

Op 28 Desember 1964

word Moskou herbou in Madrid

met die yspaleis in Varikino

verfilm in Soria en die Madrid-Delicias-

treinstasie die agtergrond,

met temperature wat styg tot 25°C in Spanje;

selfs na Finland en Kanada gereis

vir ‘n koue landskap perfek.

 

Waarom hierdie epiese fim

buite Rusland vervaardig?

Boris Pasternak ontvang die Nobelprys

in 1958, maar die Sowjet-Unie

sien hom as verraaier. (Lean toegang geweier.)

Die koue oorlog, ‘n winterlandskap

van die siel, lei tot afsegging van dié prys.

 

Ná Lawrence of Arabia,

van hierdie filmiese avonturier,

met onverdrote ywer

gesoek na die regte ruimte en akteurs

om in Dr Zhivago te speel

met die hulp van Robert Bolt

tot ‘n draaiboek gesnoei.

 

In die ekstra-kommentaar op die film

besing Rod Steiger en Omar Sharif

sy gees vir avontuur; selfs Nicolas Roeg

as kameraman vervang, om alles nougeset

in filmiese beelde te vertaal;

met Lara se tema, musiek só melancholies,

deur Maurice Jarre gekomponeer, met balalaikas

wat die begin én slot saamsnoer.

 

© Joan Hambidge, 2025

 

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Agterstevoorom
Joan Hambidge. In hierdie koue hel →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d