Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
25 August 2025

Resensie: “tussentogte” (Johan Cilliers)

 

 

 

Resensie: tussentogte deur Johan Cilliers. Turksvy, 2025. ISBN: 978-1-0370-8295-5

Resensent: Joan Hambidge

 

I

In tussentogte het ons ‘n afgetrede teoloog, Johan Cilliers, aan die woord. ‘n Digter wat telkens vir ons ‘n voetnoot na die Bybel of ‘n teoloog gee.

Soos Daniel Hugo tereg opmerk:

 

In tussentogte kyk Johan Cilliers deur die bifokale bril van godsdiens én wetenskap na die mens en sy teenwoordigheid op aarde. Hy verset hom teen die formules en abstraksies van die “toga-teologie”. Op sy deurtog deur die lewe ervaar die gelowige die misterie van die Ewige juis op ’n sintuiglike wyse. Hierdie digter bring ons met sy fyngeslypte woord digter by die wonder van die hier en die Hierna.

Totius is te vinde in “woning” (31).

 

Die wêreld is ons woning nie

 

Die wêreld is ons woning nie.

Dit merk ek aan die son wat wyk,

en ‘k merk dit aan die reier wat

mistroostig na die son sit kyk

op een been, in die biesiesvlei.

En is die laaste strale weg,

dan rys ‘n koue op uit dié vlei.

‘n Koue gril deurhuiwer my;

en ‘k sien dit dan aan alle ding

wat in die skemer my omring,

die wêreld is ons woning nie.

 

Die wêreld is ons woning nie.

Dit sien ek as die bloedrooi maan,

van agter veldstof opgegaan,

nog net die kerk se dak bestryk

vanwaar ‘n uil, mistérie-stom

sit na die maan se skyf en kyk.

En nou dit stil word op die straat,

dink ek hoedat die middag laat

‘n lykstoet uitgekom het daar

waar nou die maan en uil ontmoet.

En ‘k merk dit dan aan alle ding

wat in die aandstond my omring,

die wêreld is ons woning nie.

 

Die wêreld is ons woning nie.

Dit voel ek as die wind ontwaak,

as die eikebome knars en kraak,

dit hoor ek in die fladdering

van voëltjies wat hul vlerke slaan

teen die verwarde boomtakke aan.

En as ek nader kom dan vind

ek by die maan se wisselstraal

‘n nes vol kleintjies deur die wind

omlaaggeslinger, dood, verplet.

Ek voel dit dan aan alle ding

wat in die nagstond my omring,

die wêreld is ons woning nie.

 

 

II

Daar is ‘n ryk skat van religieuse verse in Afrikaans van Totius tot W.E.G. Louw en natuurlik Sheila Cussons, T. T. Cloete, Dietloff van der Berg, en andere.

In hierdie bundel vind ons digterlike besinnings van ‘n teoloog wat eerlik skryf oor die lot van menswees. Daar is landskapverse oor die Karoo, die digter se komvandaan.

 

                                                                                          onseker

 

                                                                                is die lewe

                                                                                so onseker

                                                                         soos ‘n dobbelsteen

                                                                                   se val?

                                                                              die ontknoping

                                                                                 so versteke

                                                                     soos toeval in ‘n kaartespel?

                                                                                 wie verseker

                                                                                seën of nood?

                                                                         skommel ons maar voort

                                                                               sonder wis of wete

                                                                                  sonder anker

                                                                            soos verdwaalde skepe?

                                                                               of loop Gods water

                                                                                   maar gewoon

                                                                                 oor Gods akker?

 

Hierdie gedig op bladsy 95 speel in op die gedig “seker” en Einstein se uitspraak oor God wat nie dobbelstene speel met die heelal nie (96).

Die gedigte beweeg tussen gedigte en van bo na onder in ‘n voetnoot sodat die leser gedwing word om telkens nuwe betekenisse in ‘n gedig raak te lees.

Van die Bybel tot Calvyn se theatrum gloriae dei, oftewel die grorieryke teater van God, rig die “speldepunte lig” in hierdie verse. Luther en Karl Barth is hier. “Geloof is getroosde twyfel”, aldus Martin Luther (58).

In die Afrikaanse digkuns is daar die afgelope paar jaar baie bundels oor die sterre gepubliseer. Die meeste sterre is lankal dood, meen wyle Johann de Lange in 2020, wat eweneens alles wetenskaplik en digterlik benader:

 

Digter al digterby

 

Om met woorde

die onsegbare te sê,

die hoogste berg te bestyg

waar die lug dun raak,

of af in die onbewuste dieptes

waar diamante vorm –

Om die teks

van miljoene jare

in die yslae

van Antarktika te lees,

of die ringe van boomstamme

op land.

Om omsigtig

die smeltkroes

van die vulkaan te nader

waar die vel begin

wegskroei soos papier.

(21)

 

Die ikonisiteit van gedigte is altyd tersaaklik. Cilliers se gedigte is in die middel van die bladsy. Die digter Dylan Thomas het met hierdie vorm geëksperimenteer in die bekende gedig “Vision and Prayer”:

 

i

W h o
A r e  y o u
Who   is   born
In   the   next   room
So   loud    to   my   own
That  I  can  hear  the  womb
Opening   and    the    dark   run
Over the ghost and the dropped son
Behind  the  wall  thin as a wren’s bone ?
In  the  birth  bloody  room  unknown
To  the  burn  and  turn  of  time
And  the  heart  print  of  man
Bo w s   n o   b a p t i s m
Bu t   d a r k   a l o n e
Blessing       on
The  wild
Child.

 

https://allpoetry.com/Vision-And-Prayer  Besoek 24 Augustus 2025

Die gedigte beklemtoon verskillende emosies oor dieselfde saak. Die begin versus die einde; troosteloos versus getroos; toga teenoor stilte; uitweg versus niks; loutering teenoor teleurstelling …

Hierdie opposisies is belangrik vir die ontsluiting van die bundel. In ‘n pragvers “musiek” (55) word die musiek van die Karoo weergegee:

die windpomp en wind / gee die ritme aan.

Ons hoor dat die vlaktes viool speel met die koppies wat hande klap.

Hierdie gedig praat terug met “reën” (54) waar hy luister na die simfonie op sink.

Onderaan “musiek” staan daar ‘n verwysing na Psalm 98: 8:

 

die riviere moet hande klap,

die berge moet saam juig  …

 

In “astronomies” (109) dink hy na oor die geboorte van ‘n ster en hy wonder of sal oorleef ekonomies. Heerlike humor dus.

III

Jukstaponering van hemel en aarde, soos Bernard Odendaal tereg uitwys in sy deeglike artikel oor T.T. Cloete se digkuns wat oorspronklik in Literator verskyn het in Augustus 1993.

Fanie Olivier het ‘n uitgebreide tesis geskryf oor religieuse poësie en Dietloff van der Berg skryf eweneens oor hierdie kwessie vanuit ‘n ander invalshoek in Feesmaalgang.

 

https://versindaba.co.za/2025/05/14/resensie-feesmaalgang-dietloff-van-der-berg/ Besoek 24 Augustus 2025

 

By Cilliers het ons tussentogte, ‘n proses van tussen-in-wees of liminaliteite.

Twyfels, onsekerhede, die mens wat uitgelewer word aan magte groter as hyself, word telkens beskou.

Dit is oënskynlik klein verse, maar met elke lees vind ‘n mens verskillende intertekste en toespelings wat dit sterker maak.

Die digter hoef nie skugter te wees nie. Hy het ‘n handvol pragverse vir ons gegee.

Die skildery op die voorblad heet Tweetog deur Johan Cilliers. Daar word erkenning gegee aan professor Nico Koopman vir die finansiële ondersteuning van die bundel.

Koopman is as vise-rektor aan die US bemoeid met Transformasie en Sosiale Impak waar emeritus-professor Cilliers gewerk het as ‘n A-gegradeerde akademikus.

 

 

Bronne:

 

De Lange, Johann. 2020. Die meeste sterre is lankal dood. Kaapstad: Human & Rousseau.

 

Malan, Pieter & Jones. Chris.2018. Die braambos bly brand: Nieteoloë se perspektiewe op Bybelverse. Gansbaai: Naledi.

 

Odendaal. B.J. 1993. Via alruin en seks tot God: die eiesoortige mistiek in die poësie van T.T. Cloete. file:///C:/Users/User/Downloads/697-2086-1-SM-1.pdf  Besoek 24 Augustus 2025.

 

Olivier, S. P. 1985. Mistiek in die Afrikaanse poësie. Potchefstroom : D. Litt. PU vir CHO.

 https://www.academia.edu/75879957/Mistiek_in_die_Afrikaanse_po%C3%ABsie Besoek 24 Augustus 2025.

 

Totius (J.D. du Toit). 1977. Versamelde werke. Dele 10 en 11. Kaapstad: Tafelberg.

 

Van der Berg, Dietloff. 2025. Feesmaalgang. Gansbaai: Naledi.

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies
  • Carla Botha. Lesse in Wêreldreise
  • Stephan du Toit. Moed

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Eerste sneeu
  • johan swanepoel. tafel vir een
  • Resensie: Steierwerk  deur Johan Myburgh
  • AVBOB Persverklaring
  • Wat lees jy? Living the ultimate carnivore lifestyle (Hendrik Marais)

Nuutste kommentaar

  1. Joan Hambidge on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Borges11 August 2026

    Dank. Albei is wonderbaarlike digters. Ek lees nou weer die hele Cussons en hoe sy Neruda en Borges vir ons…

  2. Mirinda on Krige Visser. lykskou10 August 2026

    Iets wat mens nooit sal vergeet nie....veral wanneer so jonk en sensitief...en die reuke sal mens altyd bybly...

  3. Eugene Vorster on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Borges10 August 2026

    Beste Professor Hambidge, baie dankie vir hierdie boeiende artikel. Dit inspireer ‘n mens om verder oor Borges & Cussons te…

  4. Dr PS Swathe on Resensie: “Krap – oop toe om rond uitkrap” (Koos de Wet)6 August 2026

    Naledi, wat het hier gebeur ??

  5. Hester Steenkamp on Digtersprofiel: Melt Myburgh3 August 2026

    Oewerbestaan is een van my kosbaarste besittings. Die bundel lê my baie na aan die hart.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d