Gryskrag
Doktor Puffel en professor Buffel
– albei diep in die negentig jaar –
hoewel met strikdas en wyn by die onthaal
verdwyn býna in die menseskaar.
Geldsake
Henco Kruger van “Kuns met kontant”
het my in ’n kerksaal op Thabazimbi
in ’n hoek oor die waarde van gedigte,
want om die dood kan ek nie lieg nie.
© Johann Lodewyk Marais, 2025
