Vlerke in’ie naglig
my vlerke
geweef oor sewe-en-twintig
met oë ysig blou
vaal
vredeloos
herroep’ie eland se kantasies
met bloedige ledemate
en suurstof surrieël gespan
sweef satellietagtig
deur’ie stank van’ie naglig
oor’ie gemartelde stem
van vrou en kind
opsoek na god se glimlag
die frekwensie bleek
nooit uitgespoel deur’ie golwe
© Tevin |Khara Strauss, 2025
