Apparisie
JdL
Jy verskyn aan my
tussen bome sien ek
jou gesig glimlaggend.
Dit was ongetwyfeld jy
in ‘n boomlaning buite.
Sensed presence glo,
in tye van verlies gebeur
dit hierdie wensdenkery
waaroor Freud skryf in
Rou en melancholie.
Al die soektogte so doelloos
neem my terug na Achterberg:
“het is voorbij het is voorbij
het is een donker schilderij
gehangen aan den wand.”
“het is voorbij het is voorbij
het is een donker schilderij …”
© Joan Hambidge, 2025a
