Desembergedig
desemberliks
die laaste maand
van élke sterwende jaar
word brutaal opgedeel in groewe
deur hulle wat nerwens toe
oop-oë daarin (móét) glip
wyl hulle met glasige blik
dié om hulle intrek om saam
uitmerg’lende gewoontes te onderhou
© Elmarie Nienaber Van Kampen, 2025
