20 December 202520 December 2025 Daniel Hugo: Nostalgie Desembergedig Nostalgie dit is die risiko: ek maak ’n vuur en ruik die kameeldoringhout van my verre jeug dáár bly almal jonk maar om hierdie vuur word ons gevaarlik oud kyk, als gaan op in rook © Daniel Hugo, 2025 Desember 2025 Deel: Share on Facebook (Opens in new window) Facebook Share on X (Opens in new window) X Like this:Like Loading…