Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
29 December 202531 December 2025

Joan Hambidge. Brigitte Bardot

 

Brigitte Bardot

 

Sonskyn sigarette sjampanje

sloop haar skoonheid: ‘n mépris,

ten spyte van die donker wand

van begeerte, gekiek neffens vele

minnaars; selfs een met Pablo P.

Die vraag wat ás Don Juan ‘n vrou

was, nakend saam met Jane Birkin

met deure wat nie dig kon sluit.

 

Mevrou Vadim veil later haar

bruidsrok op vir diereregte;

al het God glo vroue geskep?

Hierdie nimfet, dalk ‘n Afrodite,

of ‘n personifikasie so reg uit

The Fugitive kind met Brando

deklamerend: “We are all sentenced

to solitary confinement inside

 

our own skins, for life” met

Anna Magnani as toehoorder.

Tennessee Williams het jou

dubbelaard besing: van agter

soos ‘n man, van voor ‘n vrou

triomfantelik; jou tuitbek verlei-

delik sodat selfs ‘n vroom heilige

sy siel sou verpand aan die duiwel

 

om jou te kon sien dans, bébé.

Of as Lady Torrance teenoor

Valentine Snakeskin Xavier

sou jy vurig (glo my vry) almal

selfs die sheriff die loef afgesteek het

met ‘n leerbaadjie en stewels :

L’amour c’est mon m’etier.

 

© Joan Hambidge, 2025

 

 

 

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Ushabti
Joan Hambidge. Oratio obliqua →

2e gedagtes oor “Joan Hambidge. Brigitte Bardot”

  1. Joan Hambidge says:
    31 December 2025 at 18:25

    Die slot moet lui:

    L’amour c’est mon métier.

    Die c het afgeval. Jammer …

    En Tennessee Williams se film is werklik briljant. Hy het dit direk as ‘n film geskryf; nie vir die verhoog nie en die spanning tussen Brando en Anna M was opvallend. Hy het nie agter die skerms in haar belang gestel nie.

    Films is inderdaad ruimtes waar ‘n mens baie idees vir gedigte kry, soos Daniel Hugo dit al uitgewys het.

    Reply
  2. Anne Marie Bartie says:
    30 December 2025 at 17:07

    U lewenskennis verstom my keer op keer. Die manier waarop alles bymekaar gebring word…sjoe!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d