Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
6 January 2026

Joan Hambidge. Oratio obliqua

 

Oratio obliqua

 

‘n Versreël soos ‘n inbraak

altyd via ‘n gesprek

met ‘n ander digter

of ‘n brief vergeel

selfs ‘n film klassiek

dalk ‘n droom oor

‘n gestorwene in kajuitraad.

Opmanings via DJO of Uys Krige

oor en weer soekend

na die regte beeld:

digters sterf nie

vergader net stof

met skeurtjies in die buiteblad

arbitrêr gerangskik in stapels

van Z tot A

neffens woordeboeke

bloeilesings

glossariums

handleidings ten voete uit

ek wou nog sê …

 

L’envoi

 

Digters sterf nie

word net verpulp

beland op basaartafels

‘n stasie-in-die-niet.

 

© Joan Hambidge, 2026

 

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Brigitte Bardot
Joan Hambidge. Road Rage →

2e gedagtes oor “Joan Hambidge. Oratio obliqua”

  1. Bernard Odendaal says:
    8 January 2026 at 10:09

    Maar dan gaan Claes laer op die dieselfde bladsy (deur my vertaald) soos volg voort:

    “Elke mens deel met sy soortgenote die tragiese besef dat hy fundamenteel alleen is, dat die bestaan uitmond in die niet en dat al sy geswoeg op aarde sinloos is. Gaandeweg het hy twee tale ontwikkel om ‘n antwoord te vind op sy vertrwyfelde vrae: die religieuse taal van die geloof en die filosofiese taal van die rede. Uiteindelik het hulle min troos gebied vir die pyn van die syn.

    “Naas dié tale is daar ‘n derde taal: die poëtiese taal van die verbeelding. Dit gee ons geen antwoord op ons vrae nie, maar formuleer ons problematiek pregnant in konkrete simbole. Beter as onsself verbeeld die digter ons angs en ons verlange, ons hoop en ons wanhoop, ons drome en ons radeloosheid, ons lewe en ons dood.”

    Reply
  2. Bernard Odendaal says:
    7 January 2026 at 21:33

    In sy “Poëtica. ABC van de dichtkunst”, wat verlede jaar verskyn het, skryf Paul Claes: “Vandaag is de sociale impact van de westerse poëzie verwaarloosbaar. Bundels hebben een beperkte oplage en bereiken alleen een nichepubliek. Kennelijk zit niemand echt te wachten op het woord van de dichter.”

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie

Nuutste bydraes

  • Resensie: Vers & Kapittel III (Daniel Hugo)
  • Nini Bennett-Moll. Jack Unterweger en die outeursfunksie van ’n reeksmoordenaar
  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026

Nuutste kommentaar

  1. Helené Coetzee on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)27 September 2026

    Wat 'n aangrypende boek!

  2. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  3. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  4. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  5. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d