Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
28 January 2026

Joan Hambidge. Don’t look now

 

Don’t look now

 

I

‘n Blinde vrou sien die kind

tussen haar ouers. Haar suster

het iets in haar oog: verwyder

deur die moeder van die kind

met ‘n rooi jassie in ‘n dam verdrink.

‘n Band ontstaan, waarskuwings

uit die ander oord: die rooi jassie

nou ‘n bose dwerg met ‘n mes.

 

II

Hede, verlede, toekoms saam-

gesnoer in montage van Engeland

na Venesië. En terug. Hier restoureer

die vader ‘n kerk (nougeset, presies).

Paraprosdokiaan?

 

III

Met elke herbesoek ontvou

‘n nuwe dimensie (Milton

‘n blinde) en Pauline Kael

tipeer Roeg as die Borges

van die filmkuns …

 

IV

Die blinde vrou tel die trappe

en luister fyn na die stad

se geluide vir bakens vashouplek

soos John swaai aan die steier-

werk van die kerk onder restourasie.

Op bevel van Roeg moes John

(Donald Sutherland) sommer self

hier optree die stuntman onwillig

vir dié gevaarlike wentelbaan.

 

V

Op bladsy 147 van my notaboek

iewers in Januarie 2026 opgeskryf,

roep ‘n hadeda terug na ‘n ander tyd

en plek, ‘n donker labirint in Venesië

ons swanesang in Harry’s bar:

“Cheers, Here’s looking at you kid!”

 

VI

Die film van my lewe loop uit

op ‘n terugkyk (rewind)

Play it again, Sam

in daardie waterstad

ons laaste maal saam:

die digter as paranoot

buite raam soos Sutherland

alles verklap van hom

en Julie Christie as Laura

in die hotelkamer saam:

Laura en John, nie Bogart

of Bergman, nee net

ek en jy tuimelend, geen

Casablanca vir ons  …

asof asof ek toe kon sien

hoe jy sou vertrek: finaal.

 

© Joan Hambidge

 

 

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Road Rage
Joan Hambidge. Oordeelsdag →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d