Dissonant
Ek sluip die veervolkbewoonde trosdenlanings langs, soek-
soek, windbuksloop en -korrel hangend. Hoek-
om, verby hoender-
en boerbokhokke en melk-
stalle, Pa se Harmonie se roesemoes-
boerdery – om die alomgekraai en -kekkel,
-getjilp- en -bulk, -gekoer en -blêr af te luister,
op die spoor van aldagluister af
te luister … Hoe-
kom? Vir
’n later-
e dalk-
se ge-
dig?
Toe,
groen gecollar, geel getie, kom ou eksoot
die bek ’n slag of twee slyp oor ’n
tak, kom aftakelend bok-
makierie! bok-
makierie! die
dag se rym-
e kleim …
Korrel.
Kol-
!
© Bernard Odendaal, 2026

Netjiese klein ars poetica.